Voor en ná: Van ’n braaikamer-en-voorportaal tot ’n tropiese toevlug

Hierdie week op My plek of joune? (Dinsdae om 17:30 op VIA, DStv-kanaal 147) stamp Hein en Sonja koppe oor die styl van hul braaikamer-en-voorportaal. ’n Muntopskiet bepaal wie met min geld, min tyd en ’n kennerspan die vertrek omskep.

Before 1

VOOR

Sonnige Sonja en hardkoppige Hein kan net nie ooreenstem oor hoe hul braaikamer moet lyk nie. Sonja wil nie hê dit moet soos ’n kroeg voel nie, en die rusbanke in die vertrek dryf Hein tot waansin. Met die dekor-diva Isabel Barends terug op haar pos, het sy R10 000 en een dag om Sonja en Hein ’n blinknuwe baadjie te gee. Hopelik kan sy stylversoening bring!

VOOR

VOOR

Met die munt in Sonja se guns, lê daar baie werk voor vir Isabel en die nutsman Melt om ’n voorkamer te skep waar Sonja én Hein tuis sal voel.

Omdat dit die eerste vertrek is wat jy eerste sien, moet daar ’n treffende fokuspunt hê, en watter beter oplossing as plakpapier?

As jy moeg of verveeld raak van jou vaal gordyne, is daar ’n goedkoper uitweg. Koop goedkoop materiaal waarvan jy hou en stik dit voorop die vaal gordyne vas.

Vir ’n braaikamer kan jy meer informele banke gebruik. Gebruik ou houtpalette en maak jou eie rusbanke. Jy kan kussings vir die sitvlak en teen die rugleuning gebruik. Jy kan ’n koffietafel uit die oorskiet-palette maak.

Sonja wou nie haar bank wat sy by haar oupa geërf het, prysgee nie en het gewone strooikussings bygesit wat by die res van die vertrek inpas.

NÁ

NÁ

NÁ

Skakel elke Dinsdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) in vir nuwe episodes van My plek of joune? of skakel Sondae om 18:00 in vir die heruitsending.