Voor en ná: ’n Splinternuwe stoep

Die voorstoep van dié Victoriaanse huis moes dringend onder hande geneem word; die Tuis-medewerker Shelly Bergh het met haar verfkwas getoor …

Die projek

Om haar stoep reg te ruk, het Annelize Visser van Woodstock, Kaapstad, heel eerste die onooglike diefwering wat die stoep-area “ingehok” het, verwyder. Toe is alle los verf van die mure en vloer afgekrap voor Dulux Weatherguard in die kleur White op die stoep se binnemure, die pilare en detail op die lae voormuur aangewend is – dit weerkaats soveel moontlik lig na die stoep en aangrensende vertrekke.

Die stoepvloer is vernuwe met Dulux Floorcote in die kleur Black. Die onderkant van die voormuur is geverf met Dulux Weatherguard en die vensterrame met Dulux Gloss Enamel, albei in die kleur Night Jewels 3.

Annelize het toe besluit om die dak oor die stoep in ’n speelse fokuspunt te omskep deur breë strepe met Dulux Roofguard in die kleure White en Grecian Grey te verf; daarvoor moes die perspex-dakpanele eers ’n onderlaag, Dulux Supergrip, kry.

Laastens is die voordeur en kas opgehelder met Dulux Gloss Enamel in die kleur Golden Yellow.

Kyk na die dramatiese transformasie:

Slider loading...
  • Voor


  • Selfs die perspex-dakpanele spog in nuwe kleure.


  • Voor


  • Die houtkas het ’n nuwe baadjie gekry van Dulux Gloss Enamel in die kleur Godlen Yellow (dis waar Annalize nou haar tuingereedskap bêre).


  • Al die verf wat afdop, is eers verwyder – ’n joppie waarvoor ’n drukspuit handig te pas kom.


  • Dié vinielplakker van mywalltattoos.com rond die prentjie mooi af.



WEB-FOOTERS-afr