Vars idees: Bekostigbare Kersversiersels

Ons kyk na bekostigbare Kersversiersels, sodat elke huis kan spog met ’n helder somerfees.

Kies ’n tee-ma
Dis partytjietyd, en buite in die tuin is die beste plek vir somerkuiers. Tooi jou boom met ’n doek en teegoed wat by jou tema pas en verwyl die middag al kwetterend saam met ander vrolike siele.
TUIS/HOME

Wees gegroet!
Weerspieël jou beste wense in die vorm van ’n boom – met lipstiffie! Voeg gerus ’n paar blink balle by vir ekstra blieng. As die fees verby is, kan jy die spiel eenvoudig met ’n spesiale glasdoekie skoonvee.
TUIS/HOME

Stokkielekker

Draai ’n verskeidenheid soetgoed in helderkleurige papiertjies toe en versier ’n vormboompie daarmee. Almal sal die vrugte van jou lollieboom wil pluk.

TUIS/HOMEWit Kersfees?
Vrolik ’n steriele kombuis op met yskasmagnete en ander tierlantyntjies in die vorm van ’n boom. So kan jy jou warmte deel met elkeen wat iets koels kom haal.

TUIS/HOME

By die herders geleen
Ruwe takke uit die veld vertel ’n ekovriendelike storie. Bind ’n paar in die tradisionele Kersboomvorm, versier met tuisgemaakte tooisels en pak jou geskenke daaronder.

TUIS/HOME

Al skeppende
Maak ’n treffende krans vir jou kombuisdeur met weggooilepeltjies. Plak ’n bont versameling plastiek- of eenvoudige houtlepeltjies – selfs roomysstokkies sal werk – op ’n kartonskyf en rond dit af met ’n Kerslint. Dié lepeltjies is van Hanco Packaging (www.hancopack.co.za).

TUIS/HOME