Van toeka se erfgoed tot ’n byderwetse sitkamer

In dié week se episode van My plek of joune? is dit Olivia se sentimentele items teen Virgil se stryd om vernuwing in hul sitkamer.

Olivia, ’n maatskaplike werker, en Virgil, wat in die IT-bedryf werk, is al 10 jaar getroud en hul huis is gevul met onpaar opgaargoed. Soos wat almal in hul familie verhuis het, het Olivia en Virgil al wat ’n meubelstuk is, “geërf”.

Die stilis Isabel Barends wil ’n vertrek skep wat meer modern is, maar die uitdaging is om nie al Olivia se ou meubels uit te gooi nie. Hier is ’n paar wenke vir jou om jou ou meubels in ’n moderne vertrek te behou.

Slider loading...
  • Voor


  • Voor


  • Na


Verf bly altyd ’n maklike, bekostigbare manier om vernuwing in te bring. Jy kan so te sê enigiets verf, van ’n muur tot ’n klipkaggel of meubelstuk; onthou net om altyd die regte onderlaag aan te wend sodat die verf nie afdop nie.

Skep meer ruimte in jou vertrek. Gebruik spieëls om die illusie van ’n groter vertrek te skep. Boonop is dit ’n titsel moderne styl in enige vertrek.

Met ’n stukkie lap en ’n krambinder kan jy in ’n japtrap jou eetkamerstoele se kussings self oortrek. Verf jy die stoele ook, het jy ’n splinternuwe voorkoms.

So gaaf soos wat dit is om familie se meubels te vat wanneer hulle verhuis, moet die huis ook gemaklik en funksioneel wees vir die mense wat daar woon. Wees versigtig vir te veel meubels in ’n vertrek. Skenk of verkoop dit liewer en maak só ’n verskil in iemand anders se lewe.

Onthou, daar is geen verskoning vir ’n klomp hand-me-downs in jou huis nie!

Skakel elke Vrydag in om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) vir nuwe episodes van My plek of joune?

LEES NOU:

Van saai en vervelig na blou en besonders

Van saai en vervelig na blou en besonders

WEB-FOOTERS-afr