Van skaakbord tot rustige oase

Hierdie week op My plek of joune? (Vrydae om 17:30 op VIA, DStv-kanaal 147) kom die haarstiliste Izelle en Charlene teen mekaar te staan oor ’n vertrek wat al groot twiste veroorsaak het.

Volgens Charlene is Izelle se styl “vaal en vervelig”, terwyl Izelle meen Charlene hou van als wat “klinies en koud” is.

Izelle en Charlene se haarsalon kort dringend ’n nuwe voorkoms. ’n Muntopskiet bepaal wie met min geld, min tyd en ’n kennerspan hul salon sal mooimaak. Kry nou ’n paar wenke om jou salon ook in ’n rustige oase te verander.

Slider loading...
  • VOOR


  • VOOR


  • NA


  • NA


Hang gordyne tussen die stasies in jou salon om sagtheid te verleen. Dit kan soms moeilik wees om ’n haarsalon gemaklik te laat voel vir die kliënte, maar deur gordyne kan warmte byvoeg.

Plakpapier is die nuwe verf. As jy onseker is oor watter kleur om jou mure te verf, kies eerder plakpapier waarvan jy hou en vervang dit wanneer jy weer van iets anders hou. Tekstuurryke plakpapier verleen ook ’n gevoel van luuksheid aan enige ruimte.

Gee jou salon ’n tikkie blieng met kristalkandelabers. Hang twee in die middel van die vertrek om die ruimte deftig en luuks te laat voel.

Verf die toonbank ’n deftige kleur. Kies ’n kleur met ’n skynsel in wat met die kristalkandelabers inskakel en die vertrek ophelder.

En onthou, daar is geen verskoning vir ’n swart gat as aksentmuur nie.

Skakel vanaand (Vrydag, 31 Maart) om 17:30 in op VIA (DStv-kanaal 147) vir die finale episode uit hierdie seisoen van My plek of joune? of skakel Sondag om 21:30 in vir die heruitsending.

KYK NOU:

Van toeka se erfgoed tot ’n byderwetse sitkamer

Van toeka se erfgoed tot ’n byderwetse sitkamer

 

WEB-FOOTERS-afr