Van saai en vervelig na blou en besonders

Dis ’n styltwis tussen amper-stiefma Talita en amper-stiefdogter Chelsea in ’n vertrek wat beslis ’n sensitiewe onderwerp is. Albei staan bankvas in hul styloortuigings.

Talita Hollenbach, ’n verkoopassistent, en Chelsea Rauch, ’n leerder aan die Hoërskool Brackenfell, weet albei Chelsea se slaapkamer, die “blou blob”, moet aangepak word, maar hoe?

Talita wen die munt-opskiet en Chelsea moet teen haar sin skool toe gaan en hoop dat Talita haar smaak in ag sal neem (en dat haar mure nie pienk geverf gaan word nie!). Chelsea se pa, Charles, sit hand by vir die dag.

Slider loading...



Die stilis Isabel Barends het haar hande vol om ’n klein ruimte in ’n unieke en meer funksionele tienerkamer te omskep. Melt van der Spuy moet bontstaan met planke en skroewe om ná ’n misverstand Isabel se idees uit te voer.

As jy droom van ’n hemelbed, maar plek is ’n probleem, hang ’n vloeiende stuk materiaal van die plafon af om die illusie van ’n hemelbed te skep.

’n Potplant is ’n maklike en relatief goedkoop manier om ’n bietjie lewe in ’n vertrek te bring en hoef nie altyd baie plek op te neem nie.

Wees versigtig om te uitspattig te raak met jou gunstelingkleur wanneer jy ’n kamer oordoen. Probeer om jou kleur meer subtiel te gebruik, byvoorbeeld net op een muur, of in beddegoed en ornamente, eerder as om al vier mure toe te gooi onder daardie een kleur.

In ’n klein vertrek is pakplek altyd ’n probleem en rakke kan ’n groot verskil maak. Hake teen die muur sorg vir hangplek vir items soos juweliersware, gordels, hoede en baadjies.

Werk kreatief met pakplek – juweliersware wat netjies opgehang word aan ’n mooi hake kan bydra tot die dekor. Daar is geen verskoning vir juweliersware teen jou diefwering nie!

Skakel elke Vrydag in om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) vir nuwe episodes van My plek of joune?

LEES NOU:

Voor en na: Van blinkblou na kleurvol en boheems

Voor en na: Van blinkblou na kleurvol en boheems

 

WEB-FOOTERS-afr