Van blinkblou na kleurvol boheems

Die Stemmets kan nie saamstem oor ’n leef- en eetkamer wat dringend ’n kennersoog nodig het nie. Albei besef iets moet verander, maar die oplossing bly hulle ontwyk. ’n Muntopskiet bepaal wie – in dié geval Anna-Bet – met min geld, min tyd en ’n kennerspan die vertrek omskep.

Anna-Bet, ’n vryskutskrywer en -vertaler, en Jacques, ’n stelontwerper, was so opgewonde om in hul nuwe huis in te trek dat hulle dadelik hul stempel wou afdruk. Hulle het saam besluit om die mure in die leefarea helderblou en ’n heerlike heldergeel te verf. Maar dit was nie ’n wyse besluit nie. Boonop het hulle glansverf gebruik, wat die kleure se effek net meer intens gemaak het.

Slider loading...

  • Voor


  • Voor




Die stilis Isabel Barends besluit op ’n boheemse gevoel met ’n moderne aanslag wat ideaal is vir Anna-Bet en Jacques se persoonlikhede, asook hul eklektiese versameling meubels en prente.

As jy hou van kleur, oorweeg verskillende maniere om dit by jou huis in te bring. Hoewel een muur as fokuspunt goeie resultate kan oplewer, kan ’n verskeidenheid gekleurde mure die teenoorgestelde uitwerking hê.

’n Manier om kleur op ’n meer subtiele manier te gebruik, is om jou mure wit te verf en dan kuns, blompotte en ornamente te gebruik om die ruimte op te helder.

Wanneer jou huis se uitleg net nie lekker werk nie, oorweeg dit om al jou meubels te skuif. ’n Ander kombinasie kan nuwe lewe gee aan jou leefruimte en die dinamika verander.

Voor jy ’n erfstuk verf om by ’n vertrek in te skakel, oorweeg dit om eers te kyk of dit nie op ’n ander plek sal werk nie, en behou die oorspronklike voorkoms.

En onthou, hoewel ’n kragboks, modem en alarmstelsel noodsaaklikhede is, hoef dit nie uitgestal te word nie; jy kan altyd ’n slim plan bedink word om die drade of bokse te verbloem, byvoorbeeld met ’n groot skildery of interessante rakkies.

Daar is geen verskoning vir ’n kragboks in jou sitkamer nie!

Skakel elke Vrydag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) in vir nuwe episodes van My plek of joune?

LEES NOU:

Voor en na: Van baie beige na bietjie blou

Voor en na: Van baie beige na bietjie blou

WEB-FOOTERS-afr