Van baie beige na bietjie blou

Met ’n pienkvoet op pad kort Lizelle en André se beige TV-kamer nuwe lewe – en heelwat kleur. ’n Muntopskiet bepaal wie met min geld, min tyd en ’n kennerspan die vertrek omskep.

André en Lizelle is raadop met die leefvertrek wat smeek vir ’n nuwe voorkoms. Lizelle is in haar noppies nadat sy die muntopskiet gewen het, want sy geniet dit vreeslik om in beheer te wees.

Slider loading...
  • Voor


  • Voor


  • Na


  • Na


Die stilis Isabel Barends gaan slim te werk om die vertrek meer interessant en kleurvol te maak en terselfdertyd in André en Lizelle se uiteenlopende style in ag te neem.

As jy nie van die patroon op jou bank hou nie, kan jy dit verbloem met dekens en strooikussings eerder as om die bank te vervang of ten duurste te laat herstoffeer.

In ’n klein vertrek kan ’n mooi geraamde spieël ’n groot verskil maak, veral as jy dit op die regte plek gebruik. Die spieël sal lig weerkaats en die illusie van meer ruimte skep.

Oorweeg al jou opsies wanneer jy nuwe meubels aanskaf. Soms is dit beter om byvoorbeeld ’n TV-kas te laat bou as om ’n voorafvervaardigde kas te koop – só kan jy uit die staanspoor verseker dit gaan perfek by jou vertrek inpas.

Verf ’n fokusmuur – dis ’n veiliger en subtiele manier om ’n vertrek nuwe lewe te gee. Kies ’n kleur wat by die res van die vertrek se meubels of elemente sal inpas.

En onthou, daar is geen verskoning vir ’n beige bom nie!

Skakel elke Vrydag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) in vir nuwe episodes van My plek of joune?

LEES NOU:

Bron van kommer nou speelse werkkamer

Bron van kommer nou speelse werkkamer

 

WEB-FOOTERS-afr