Vaal badkamer nou koel oase

Tuis-leser Johan Naudé van Parklands, Kaapstad, het op ’n knap begroting ’n groot verskil aan dié voorheen donker badkamer gemaak.

“Soos die meeste mense het ons maar min rande oor nadat ons al ons verpligtinge vir die maand nagekom het. Toe ons dus nie meer met die bruin en room teëls in die badkamer kon saamleef nie, was al genade om self in te spring; ons het immers al hoeveel keer in Tuis gesien hoe mense ’n groot verskil op ’n klein begroting maak!

“Ná ’n bietjie navorsing het ons die teëls geverf met die regte produkte – en siedaar, ’n nuwe badkamer binne ’n naweek! En dís wat Tuis so wonderlik maak: Ander dekortydskrifte is vir dagdroom, maar al wys Tuis ook van daardie pragtige huise, is dit altyd vol slim planne, idees en inspirasie vir ons “gewone” mense.”

Johan-Naudé-badkamer-verf-BA

LEES NOU:

’n Oudmodiese badkamer word ’n moderne skoonheid

’n Oudmodiese badkamer word ’n moderne skoonheid

 

WEB-FOOTERS-afr