Hoe kan ek my kuierplek geriefliker maak vir gaste?
Navorsing in klein groepe het getoon mense hou daarvan om oorkant mekaar, en teen ‘n effense hoek, te sit wanneer hulle gesels. Ons oervoorouers het instinktief geweet hulle kan ure lank lekker kuier as hulle in ‘n kringetjie om die vuur sit, skerts die dekorkenner Jeanne-Marie Lombard.
Maar ons kubusvormige moderne huise leen hulle nie juis tot sirkelvormige meubelrangskikking nie. ‘n U-vormige rangskikking is nader aan die tradisionele sirkel waar almal mekaar maklik kan sien, en is dus geselliger. L-vormige meubelgroeperings neig na ‘n halwe sirkel en is minder ideaal as die U-groepering. Maar waar ruimte beperk is, is dit dikwels die enigste moontlikheid. Die rangskikking word gewoonlik deur ‘n groot meubelstuk soos die rusbank geanker en met kleiner stoele en tafels aangevul om ‘n gebalanseerde effek te skep. Die belangrikste vereiste in ‘n woonvertrek is dat die meubels gemaklik moet wees. Rangskik die sitplekke gesellig naby mekaar, maar met genoeg ruimte tussenin vir maklike verkeersvloei. Die geselsdeel sluit die rusbank, stoele en koffie- en sytafels in en moenie groter as 2 m tot 3 m in deursnee wees nie. Dié afstand laat mense toe om met gemak gesigsuitdrukkings en liggaamstaal te sien en te hoor.
Hou ook die volgende wenke in gedagte:
- ‘n Sytafel is noodsaaklik sodat gaste hul glase of bekers daar kan neersit. Dié tafel moet ongeveer dieselfde hoogte as die armleuning wees, terwyl ‘n koffietafel nie hoër as die sitplekke moet wees nie.
- Verdof ligte met dempskakelaars om ‘n gesellige atmosfeer te skep. Vul dit aan met poele lig van tafel- of staanlampe, of kies kerse vir ekstra atmosfeer.
- Hou in die winter sagte, warm kombersies byderhand sodat gaste nie klappertand aan hul rooiwyn sit en teug nie.
Hoe kies ek ‘n fokuspunt?

Waar moet ek my rusbank plaas as die vertrek ‘n groot venster het?
In ‘n ideale ruimte staan die bank teenoor die venster sodat almal die uitsig kan geniet en nie in ‘n muur vaskyk nie, sê die dekorkenner Chris Weylandt. In binneversiering is dit altyd belangrik om te verseker dat binne- en buiteruimtes gerieflik aaneenskakel. Ons woon in ‘n pragtige land met ‘n wonderlike klimaat – plaas meubels so dat jy die beste uit die omgewing put. As die vertrek veral bedags gebruik word, is dit ekstra belangrik om gerieflike sitplek met ‘n uitsig te hê. Plaas ‘n lang, lae ottoman of twee los stoele voor die venster en gee ‘n gemaklike rusbank die ereplek teen die oorkantste muur.
Hoe kies ek die beligting?
Omdat woonvertrekke vir meer as een aktiwiteit gebruik word, is dit belangrik om ‘n kombinasie van beligting te kies. Algemene beligting soos ligtoebehore in die plafon en hangligte is nodig vir televisie kyk, terwyl taakbeligting soos ‘n tafellamp vereis word vir lees of handwerk, en aksentbeligting soos kolligte fokuspunte soos ‘n kaggel of boekrak beklemtoon. Hou ook simmetrie in gedagte, wat help om ‘n samehangende voorkoms te skep – sien die twee hangligte van vlekvrye staal in dié vertrek. Oorweeg gerus verdofskakelaars waarmee jy die beligting vir elke stemming en aktiwiteit kan beheer. Moet ook nie natuurlike lig in die vorm van ‘n daklig of groot venster vergeet nie – dit skep bedags ‘n heerlike oop en lugtige gevoel.
Hoe skep ek ‘n neutrale vertrek?












Comments are closed.