Omskep jou swembad in 'n fokuspunt met slim beligting

[divider]
Nie alleen help dit om saans, as die son gesak het, atmosfeer te skep nie, dit verskaf ook ekstra veiligheid vir jou gaste.

Vervang jou swembadgloeilampe met LUD gloeilampe, wat omgewingsvriendeliker is en langer hou. Vir ‘n meer dramatiese effek, loer in by The Lighting Warehouse. Hier sal jy spesiale LUD-swembadgloeilampe kry wat met afstandbeheer werk en tot 14 verskillende kleure gebruik om ‘n hele onderwaterligvertoning te gee. Gesonke liggies om die swembad versterk ook die atmosfeer en verander saans jou erf in ‘n feetjieland. As jy ‘n sterker standpunt wil maak, kies dramatiese tuinligte en plaas dit tussen die plante.

Beligting[divider]