Maak só jou koue, onpersoonlike slaapkamer weer romanties

Op dié week se episode van My plek of joune? kuier die stilis Isabel Barends en die nutsman Melt van der Spuy by Armand en Melissa du Plessis in Gordonsbaai. Die kamer in die huis waaroor hulle twis, is die slaapkamer. Dis klinies, eenvoudig en glad nie romanties nie. Die gooi van die munstuk bepaal dat Melissa die kamer kan oormaak, maar hoe kikker mense ’n karakterlose slaapkamer op?

Slider loading...
  • Voor


  • Na


Besige ouers sal dikwels hul kamer afskeep. Behalwe dat julle nie veel slaap nie, staan daar gereeld wasgoed, babapoeier en nog wat in die kamer rond. Hier is vyf wenke hoe jy die romanse in jou slaapkamer kan terugbring:

Het die bed ’n kopstuk? ’n Kamer lyk dadelik koud en afgeskeep as die kussings sommer so teen die kaal muur lê. Snuffel rond by tweedehandswinkels vir ’n mooi winskoop en as dit outydse styl het, sal dit sommer dadelik die kamer meer romanties maak.

Oorweeg ’n bedkroon. Die bed is jou plek vir ontspan en ook om romanties te raak. Maak ’n kroon uit polistireen en en hang ragfryn lap daarvan wat voor die kopstuk verbyhang. Dit sal die vertrek se voorkoms dadelik versag.

Kyk na jou ingeboude kaste. Dié kaste kan maklik ’n kamer klinies laat voorkom, maar ’n nuwe laag verf en handvatsels sal die hele vertrek meer afgerond laat lyk.

Dollie jou spieëltafel op. Te dikwels raak dit ’n oorvol staanplek vir gebruiksitems soos medisyne en haarprodukte. Pak dit in laaie weg en sit eerder ’n mooi skinkbord met kerse, jou gunstelingparfuum en dalk ’n klein vaas met blomme daar. Jy sal nie glo wat ’n verskil dit sal maak nie.

Skakel elke Vrydag om 17:30 in vir nuwe episodes van My plek of joune?

LEES NOU:

Rustige feestyd op dié plaas

Rustige feestyd op dié plaas

 

WEB-FOOTERS-afr