Kreatiewe dekor-planne met boeke

’n Boekversameling kan enige ruimte in ’n oogwink soos huis laat voel.

Hier is ’n paar kreatiewe maniere waarop mense boeke in hul dekor ingespan het. Of jy ’n boekwurm is en jou bêreplek min raak, of net ’n praktiese oplossing soek, kyk hier hoe jy jou leesstof kan uitstal.

decor, suurbraak, zuurbraak, eco, off-grid, solar, wood

Begin klein
’n Paar boeke op jou bedkassie saam met kerse en ’n lamp skep ’n knus gevoel in jou slaapkamer. Dis ook ’n herinnering om jou dag af te sluit met boeke pleks van ’n skerm (selfoon of TV!).010316HMM052-1

Karaktervolle vertoning
Saam met plante en oulike uitstalgoed kan boeke ’n goeie weerspieëling van jou persoonlikheid wees. Speel rond met besonderse titels en omslae.

reader home, thatch roof, white, romantic

Tref die oog
’n Stapel vintage-boeke, soos dié pragtige versameling Shakespeare-titels, pas nie net goed in by ’n weelderige dekorskema nie; dit skep ’n fokuspunt.

010916HMM058-1

Helder wakker
’n Verskeidenheid boeke in verskillende kleure kan slordig lyk as jy ’n neutrale kleurpalet het – maar moenie van kleur wegskram nie! Verf die agterkant van ’n rak helderpienk (of groen, blou of geel!) vir ’n stylinspuiting.

010511HMM051.pdf

Oorhoofse planne
Daar is nie altyd plek vir volmuur-boekrakke nie. Skep ekstra plek vir jou boeke met sweefrakke bo jou bed of rusbank.

bronwyn, pietmaritzburg, decor, glass, colour, sheep,reader home

Stack ’em up
As jy nie ’n rak het nie, kan jy boeke bo-op mekaar pak vir ’n aantreklike stapel; jy kan dit selfs as sytafel inspan! Dit werk beter met groter boeke.

010314HMM020.pdf

Weggesteekte skat
Gebruik ’n versameling boeke om ’n onooglike dekodeerder te verbloem. Sit dit tussen ’n groep boeke van min of meer dieselfde grootte en maak vas met ’n breë lint. Snuffel rond in tweedehandswinkels vir hardebandboeke wat min of meer dieselfde kleur en grootte is.

book set 3

Teenoorgestelde weë
Skep ’n leeshoekie weggesteek deur skuifdeure wat pas by die res van jou dekor. Anders kan jy jou boeke die middelpunt van aandag maak deur ’n hele muur in ’n boekrak te omskep.010916TSM028-1

Deel van die pakket
Pleks van ’n verdeler of standaard-uitstalkas, gebruik ’n boekrak as kamerverdeler. Jy kan boeke selfs inspan om ’n afpoot-tafel te stut.

book set 2

Onverwagte oplossings
Pleks van pote het een Tuis-leser ou boeke gebruik om ’n bed te stut. Hy het ook ’n trap van paletplanke gebou wat ook pakplek vir boeke het.

book set 1

Literêre kombuis
Skryf jou gunstelingresepte uit en stal dit uit bo ’n stapel van die kookboeke wat jy die gereeldste gebruik. Vir kleiner ruimtes kan jy boeke in ’n houtkrat uitstal saam met kruie in potte.