Elke ding op sy plek


My naaldwerkkamer was ‘n gastekamer wat oorspronklik ‘n enkel-motorafdak was. Ek het pakplek nodig. Ek sukkel nou om al my goed uit te sorteer en te besluit wat moet bly en wat moet weg. En hoe kan ek dit wat agterbly, bêre? Skryf Liz Bisschoff van New Germany, KwaZulu-Natal.

Die probleem

My dogter is weg Hongkong toe en ek het die hele vertrek ontruim om plek te maak vir ‘n lessenaar wat sy vir my gelos het. Voordat ek alles kon terugskuif kamer toe, het die reënwolke saamgepak en ek het vinnig alles in die garage gepak. Maar wil jy nou meer: dit het die hele enkelgarage volgestaan. Nou moet ek dit deurgaan en uitgooi, maar ek het nie die vaagste benul waar om te begin nie. Die een muur is van bo tot onder vol rakke met plastieklaaie, en daar hang ‘n gordyn voor die rakke. Aan die tuin se kant is daar ‘n dubbele oopswaaideur. Hoe kan ek orde skep?

Werk area

Die oplossing

Oplossing

Rooi vir fokus

Gebruik die oorspronklike rooi houers as treffende fokuspunt onder die venster.

Wit sitplek

  • ‘n Vars laag verf gee jou ou buighoutstoeltjie nuwe lewe.
  • Wit is tydloos en dit pas by die rakke, bokkietafel en ander afwerkings.
  • Probeer gerus Plascon se Translucent Lace Y1-A2-3.

Rakplek

  • Vertikale stoorplek is die beste opsie in ‘n klein ruimte.
  • Benut muurspasie doeltreffend met behulp van sweefrakke – dit lyk lig.
  • Gaan na jou plaaslike ysterwarewinkel of ODE vir standaard-ontwerpe óf rakke wat op bestelling gemaak word.

Georganiseerde chaos

  • Houers om dinge bymekaar te hou, is ontsettend belangrik.
  • Groepeer soortgelyke artikels in mandjies, bokse of houers wat aan jou behoeftes voldoen.
  • Plak ‘n etiket op elk, en dis perfek verpak.

Speld dit vas

  • ‘n Aansteekbord is in enige werkvertrek die ideale bêreplek vir aantekeninge, inspirasie-idees en beplanning.
  • Gebruik dit om ‘n vaal kol op te helder en speld ‘n paar van jou geliefkoosde prente daar vas.

Skaakmat

  • Die vloer is perfek vir ‘n ekstra titsel kleur. Wat van rooi en groen, geïnspireer deur die oorspronklike rooi bokse en groen lampe?
  • Kies Marley-teëls vir ‘n atmosferiese geruite vloer. Marley is bekostigbaar, dit kom in ‘n verskeidenheid kleure en is maklik om skoon te hou