Bron van kommer nou ’n speelse werkkamer

Die Millers se TV-kamer is eintlik ’n pakplek, maar hul stylverskille verhoed vooruitgang. ’n Muntopskiet bepaal wie met min geld, tyd en ’n kennerspan die vertrek opknap.

Die stilis Isabel Barends voel sterk daaroor dat die kamer ’n vasgestelde identiteit moet hê. Die Millers se behoeftes is vir ’n gekombineerde TV-kamer en studeerkamer, sonder dat die een funksie die ander oorheers.

Slider loading...
  • Voor


  • Na


  • Na


Wanneer vloerspasie beperk is, fokus op die mure. Monteer die televisie met sweefrakke weerskante vir pakplek.

’n Houtkis is ’n goeie idee vir enige besige spasie. Dis baie nuttig; die Millers gebruik dit om die TV se drade te verbloem en ander onooglike losgoed weg te steek.

’n Werkspasie of studeerkamer hoef nie eentonig en saai te wees nie. Gebruik klein aksente om dit op te kikker, soos ’n klein potplant, besonderse skryfbehoeftes en mooi bokse om papier en boeke in te bêre.

’n Aksentkleur hoef nie oorweldigend te wees nie. Dit kan op ’n kreatiewe manier by die groter prentjie ingespan word; jy kan byvoorbeeld ’n ou waaier mooimaak deur die lemme te verf.

Daar is geen verskoning om jou probleme met ’n lappie toe te gooi nie!

Skakel elke Vrydag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) in vir nuwe episodes van My plek of joune?

LEES NOU:

Voor en na: Stylvol in wit

Voor en na: Stylvol in wit

 

WEB-FOOTERS-afr