WEN met Ivory Tree Game Lodge

WEN ’n weelderige boswegbreek vir twee!

[divider]

Ivory Tree Game Lodge is geleë in die noordoostelike deel van die Pilanesberg Nasionale Park, in ’n natuurlike amfiteater met rivierwoude waardeur die olifante al jare lank hul paadjies trap. Dié oord bied ’n onvergeetlike safari-ervaring met spesiaal geboude 10-sitplek-wildbesigtigingsvoertuie vir ’n onbelemmerde uitsig. Wat dit selfs meer besonders maak, is ’n persoonlike gids wat sy kennis van die Afrika-bos met gaste deel terwyl hulle ’n wye verskeidenheid wild, waaronder die Vyf Grotes, jagluiperds en wildehonde, van nader bekyk. Ná ’n opwindende dag kan gaste in een van 60 weelderige dubbel-suites met lugversorging, ’n en suite badkamer en ’n buitestort ontspan. Anders kan hulle agteroorsit langs die swembad of ’n verkwikkende behandeling by die Amani Spa geniet. Nog geriewe sluit ’n kroeg, boma, eetkamer, konferensiekamer en aandenkingwinkel in. Vir meer inligting, besoek ivorytreegamelodge.com of skakel 0861 010 200.

DIE PRYS EEN gelukkige leser kan ’n weelderige wegbreek vir twee ter waarde van R16 000 wen! Dit sluit twee nagte se verblyf, alle etes, twee wildbesigtigingsritte en ’n Amani-spabehandeling vir elkeen in.

LW Reiskoste na en van die oord is vir die wenner se eie rekening.

SLUITINGSDATUM 31 Augustus 2013

Oops! We could not locate your form.

[divider]

[divider]