Leserblog: My ma se kreatiwiteit met mosaïek

Na my ma se aftrede het sy begin om mosaïek te doen as ‘n stokperdjie. Sy het ‘n demonstrasie bygewoon en toe sommer self die kreatiwiteit verder laat vloei.

Sy maak gebruik van ou potte met defekte wat weg gegooi word of vir baie goedkoop verkrygbaar is as basis vir die mosaiek. Sy het besluit dat sy nie net die standaard teëls wil gebruik nie, maar laat elke pot sy eie storie vertel.

Vir baie van haar projekte maak sy haar eie 3D vormpies van polimeerklei, en gee dan so ‘n baie persoonlike inslag aan haar werk. Baie van die teëltjies is ook gemaak van gebreekte koppies en borde uit ons huis uit.

Sy het ook die kuns uitgebrei deur inverse mosaïek te maak en sement daaroor te giet om ‘n pragtige “stepping stone” te maak wat haar tuin ophelder.

Aangesien ek en my vrou getroue lesers is van Tuis, het ons gedink dat die lesers sal belangstel daarin om te sien hoe mens met min fondse en kreatiwiteit ‘n pragtige en nuttige versiering vir huis en tuin kan maak.

Niel Jordaan
Centurion
nieljordaan@gmail.com

5 Responses to Leserblog: My ma se kreatiwiteit met mosaïek

  1. Tina Mei 2, 2012 at 10:53 am #

    Die prentjie by die skakel van hierdie artikel is ‘n pragtige groen pot met die woord garden op. Ek kry ongelukkig nêrens op die bladsy ‘n groter weergawe daarvan nie?

    Waar kan ek dié prentjie asook foto’s van die res van die items wat Niel beskryf kry?

    • Avatar of adele.farmer@media24.com
      adele.farmer@media24.com Mei 7, 2012 at 1:25 pm #

      Beste Tina

      Omdat dit ‘n leserprojek is sal dit bes wees om Neil self te kontak. Sy besonderhede is op sy blog. http://tuis.co.za/blog/my-ma-se-kreatiwiteit-met-mosaiek .

      Vriendelike groete
      Die Tuis Span

      • Tina Mei 11, 2012 at 12:59 pm #

        Baie dankie vir die antwoord! Ek sal so maak.

    • Sandra Jordaan Julie 30, 2012 at 11:34 am #

      Met verwysing na die brief van Niel Jordaan oor sy ma se mosaiekwerk, moet ek skuldig pleit – ek is Niel se Ma. Persone wat belangstel kan my kontak by my e-posadres, nl. “sandracjordaan@gmail.com”. Ek spesialiseer in voels en foto’s van die res van my werk, kan op aanvraag beskikbaar gestel word.

      Lekker werk!

      Sandra Jordaan

    • Tarina Jordaan Augustus 4, 2012 at 3:08 pm #

      Beste Tina,

      Jy kan na ‘n paar ander foto’s van haar werke gaan kyk by die volgende skakel:

      https://www.facebook.com/pages/OtherWise-Art/191084170935645 .